Wie is Noordvandieberg?

Almal aan die noordekant van die Magaliesberg ken Noordvandieberg – dit is die noemnaam vir die hele area, vanaf Kameeldrift in die ooste regdeur tot in die weste van Pretoria. As ek deur my kantoorvenster kyk, sien ek die berg en hoor ek die voëls in die bome. Alles noord hiervan is bosveld en dit is pragtig. Ek sal nêrens anders wil bly nie.

Magaliesberg

Hoe dit ontstaan het

Die Noordvandieberg naam is in 2000 geregistreer en het as Noordvandieberg Besigheidsontwikkeling handel gedryf, wat op webwerf- en besigheidsontwikkeling gefokus het. Soos die besigheid gegroei het, het die fokus verander en word 'n ander domein vandag gebruik, Andries Oberholzer Consulting.

Noordvandieberg dra nou ‘n nuwe baadjie – om indiwidue en besighede, klein en groot, te betrek en in ons mooi area ‘n positiewe verandering te maak.
[ Ons antwoord jou vrae... ]

Vertel jou storie

Vertel jou storie

Wat kan jy ons vertel van hoe dit jare terug hier was? Ek onthou die die vroeë 90s toe ons hier ingetrek het. Montanapark was 'n nuwe voorstad en die Kolonnade Sentrum het nog nie bestaan nie. Braam Pretorius se twee dele was nog nie verbind nie. Dit was die deel noord van die sportvelde, tussen Dabchickstraat en Lataniastraat, wat 'n oop veld was. Dit was 'n stil pad waar die kinders gespeel het en ons saans gestap het. Vandag is Braam omtrent net so besig soos Zambesi... ek kan nie aan die nuwe naam gewoond raak nie.
[ Vertel ons jou storie... ]

Besighede

Jou besigheid

Besighede vorm 'n integrale deel van 'n gemeenskap. As jy 'n besigheid bedryf, maak nie saak hoe klein of hoe groot nie, vertel ons daarvan. Jy kan ook jou beigheid gratis lys op ons bladsy vir adverteerders.

As jy meer wil weet voordat jy jou besigheid lys, stuur gerus epos aan kontak@noordvandieberg.co.za. Dalk ken jy iemand wie jy dink hier sal wil adverteer. Stuur vir hulle 'n skakel per epos. Die plasing kos jou niks nie. Kyk na die bestaande advertensies en stuur dieselfde inligting. [ Adverteerders... ]


2024 Artikels [ 2023 Artikels ]  [ 2022 Artikels ]

@5:55

@5:55, 2Moro's, Olive Tree, en Zuiderster
Vrydag, 19 Julie 2024

Vrydagoggend, 19 Julie, het die ouens oudergewoonte bymekaar gekom vir die weeklikse @5:55 byeenkoms. As jy 'n man is het jy kontak met ander mans nodig, en dit is hier waar @5:55 net vir jou bedoel is. Ons kom vyf voor ses bymekaar en deel manne dinge met mekaar. Daar is gereeld gassprekers. Vanoggemd Daar was 28 ouens by Zuiderster, 'n lekker volhuis.

@5:55 Zuiderster

@5:55 Zuiderster

Daar was 21 mans by Green Olive en 13 by 2Moro's. Ons nooi jou om volgende keer n pêl saam te bring. Onthou ons leuse: My Storie, Sy Glorie.

@5:55 Green Olive Restaurant

@5:55 Green Olive Restaurant

As jy meer oor @5:55 wil weet, is hierdie inligting net vir jou. Ons kom elke Donderdagaand om 18:00 by Doxa Deo Kameeldrift (Ryan Van Rooyen, 082 333-9007) se sitkamer bymekaar, en op Vrydagoggende sommer by drie plekke hier noord van die berg: 2Moro’s Montana (André Venter, 082 894-6855); Green Olive Restaurant Kameeldrift (Johan Kruger, 082 853-0188); en Zuiderster (Gawie Makkink, 082 465-2212). Kies ‘n tyd en plek wat vir jou gerieflik is. Ons plaas ook gereeld insetsels oor ons byeenkomste hier, soos wat die fasiliteerders vir ons die nodige inligting deurgee.

Disciples GO Ministries

@5:55, Van predikant na Sendeling,
Vrydag, 19 Julie 2024

Op Vrydag oggend 19 Julie 2024 was die gasspreker by @5:55 se byeenkoms by 2Moro’s in Montana, Gideon van der Merwe. Gideon was ‘n voltydse predikant wie altyd van die Groot Opdrag in Matthéüs 28:18-20 gelees het, maar dit nooit werklik self verstaan het nie. Toe haal die Here hom uit die bediening as 'n voltyds betaalde pos, en kry hy nou die geleentheid om op grondvlak ‘n dissipel maker te wees. Wat ‘n beroep was, word nou ‘n roeping.

Dit verg baie moed en geloof om weg te stap van ‘n voltydse salaris, in ‘n rigting waar jy nie weet waarmee die volgende uitgawe gedek gaan word nie. Die Here is egter getrou. Die gevolg was die stigting van Disciples GO Ministries, wie se leuse “Making disciples who make disciples” is. Dit is sommer vir ons ‘n groot voorreg om te hoor hoe hierdie ouens in ons mooi omgewing betrokke is. Die opdrag was die maak van dissipels, nie bekeerlinge nie, en daar is 'n groot verskil tussen die twee.

Aan die einde van die gesprek het een van die deelnemers die volgende gesê: Raak van jou houding ten opsigte van die drie y’e ontslae as jy in God se vrede wil leef: wat jy kry; waar jy bly; en wat jy ry. Wat jy verdien; jou huisadres; en jou voertuig is nie belangrik nie. Die Here stel nie in jou bankbalans; adres; of voertuig belang nie. Hy soek jou en jou totale oorgawe aan Hom om die Groot Opdrag uit te voer.

Ons het meer dissipelmakers nodig. As jy meer wil weet oor persoonlike dissipelskap, of dalk self nodig het dat iemand met jou gesels, besoek gerus die Disciples GO Ministries webwerf op www.disciplesgo.co.za, kontak Gideon per e-pos op gideon.vandermerwe@disciplesgo.co.za, of skakel hom op 083 267-1880.

DSO Staal en Bou

DSO Staal en Bou,
Sondag, 30 Junie 2024

DSO Staal en Bou is net die ouens wie jy nodig het om jou eiendom daardie broodnodige nuwe gesig te gee. Die hek wat nie meer so lekker wil oopmaak nie; die heinings wat roes, die motor afdak wat maar effe lyk, dit is alles goed wat ondehou moet word. Danie en sy span sal dit sommer in 'n japtrap vir jou uitsorteer. DSO Staal en Bou doen staal heinings, hekke, afdakke, alle bouwerk, en sommer nog baie meer. Met 40 jaar in die bedryf is daar nie veel wat hulle nie van aanbouings en staalwerk weet nie.

Kontak gerus vir Danie op 082 411-5066 of 012 332-4477, of kontak hulle per epos op danie@dsostaal.co.za. Besoek hulle webwerf op www.dsostaal.co.za vir meer besonderhede.

Propserve Management

Propserve Management,
Woensdag, 12 Junie 2024

As jy in 'n kompleks bly, of een besit, is jy bewus van al die drama wat daarmee gepaard gaan. Baie mense se idees moet mooi gebalanseer word sodat die plek nie vinnig soos een of ander ghetto lyk nie. Die beheerrade stel reëls saam met 'n doel, en inwoners moet daarby hou, asook die beheerraad self.

Propserve Management spesialiseer in die bestuur van komplekse en landgoede ten einde te verseker dat alles reg verloop. Eienaar Marius Loubser is 'n bekende in ons omgewing en 'n finansiële kundige. As jy die eienaar van 'n kompleks is, is Propserve Management die regte ouens om te kontak. Besoek hulle webwerf op www.propservemanagement.co.za vir meer besonderhede.

Onpoint CoC

OnPoint CoC,
Woensdag, 12 Junie 2024

Indien jy 'n huiseienaar is sal jy weet dat jy 'n sertifikaat benodig wat aandui dat die elektriese installasie in jou huis goedgekeur is. Sou jy jou eiendom wil verkoop, is hierdie sertifikaat krities.

Het jy geweet dat dieselfde regulasies vir die watertoevoer na en in jou eiendom dieselfde tipe sertifisering vereis? Onpoint CoC (Certificate of Compliance) is die ouens wie die water toevoer na jou huis sal toets vir behoorlike druk, en enige foute vir jou sal uitwys. Dit kan aspekte wees soos lekkende krane, stukkende pype, of ander lekkasies. Nie alleen kos water wat so vermors word geld nie, dit kan ook jou eiendom beskadig. Verseker dus dat jy vandag nog hierdie sertifikaat bekom ten einde de verkoop van jou eiendom nie onnodiglik te laat sloer nie. Besoek hulle webwerf op www.onpointcoc.co.za vir meer besonderhede.

Valve Audio Predator Integrated Stereo Amplifier

Valve Audio,
Vrydag, 7 Junie 2024

Daar was 'n tyd toe die fokus in jou sitkamer jou "stereo" was, lank voordat TV sy opwagting gemaak het, en toe later DVD en "surround sound" stelsels. Jou stereo stelsel het bestaan uit 'n draaitafel, versterker, luidsprekers, en die versameling plate. Diegene wie regtig geld gehad het, het "valve" versterkers gehad, iets wat min van ons kon bekostig. Ons was ook nie slim genoeg om te weet wat 'n buisversterker doen nie. Ons het net geweet dit is duur.

Hier in ons omgewing is Valve Audio SA die vervaardiger van moderne stereo versterkers, met buis-gebasseerde komponente. Ek gesels hierdie week met eienaar Schalk Havenga, wat my toe wys op 'n bykans nuwe eenheid wat beskikbaar is. My eie Predator versterker is al in my woonkamer vir 17 jaar. Hy is swaar genoeg dat jy hom nie sommer gaan steel nie, en daar is nêrens 'n "Made in China" plakker nie! Hierdie ou is so boer soos pap en wors.

Kyk gerus na die spesifikasies hierbo. Vir net R35 000.00 gaan jy nie sommer 'n beter kopie kry nie. Besoek gerus die Valve Audio webwerf vir hierdie en ander produkte.

Chesanyama

VPCF Chesa Nyama,
Donderdag, 25 April 2024

Daar is nie nog 'n land soos Suid Afrika nie. Wat is daar om nie van te hou nie? Ons het die beste weer in die hele wêreld, die beste rugby, en by verre die beste kos. Kom ons vertel jou meer van 'n onderneming hier in ons omgewing waar jy 'n draai moet maak.

Chesa Nyama

Oppad Cullinan toe, kry jy Chesa Nyama (Zulu vir "braai vleis"). Hierdie ouens maak Suid Afrikaanse kos wat super lekker en bekostigbaar is. Pap, vleis, hoender, chakalaka, hoender lewers – dis mos kos! Ons gee gou 'n paar voorbeelde: Kry 'n "family platter" vir R220.00 (voldoende vir vier mense); hoenderlewertjies en pap vir R30.00; en butter chicken vir R40.00. Terwyl jy daar is, laat ook sommer jou kar was.

Waar kry ek my kos? As jy ooswarts oor die Moloto kruising ry, hou aan verby die Baviaanspoort Gevangenis, dan oor die Pienaars Rivier, en so een kilometer verder op jou regterkant, kyk uit vir die grasdak lapa. Simpiwe vertel hulle is nog besig om die besigheid 'n nuwe baadjie te gee, so jy sal binnekort sien hoe dinge verander het. Hoe kontak ek Chesa Nyama? Skakel gerus vir Simpiwe op 076 293 5974, of stuur epos aan misscoka1@gmail.com. Besoek hulle op Facebook.

Ons moet ons deel doen om plaaslike inisiatiewe soos hierdie te ondersteun. Ons gaan die artikel hier ook in Engels, Sepedi, en isiZulu plaas. Hou hierdie spasie dop.

We Fix Websites

We Fix Websites,
Woensdag, 17 April 2024

Wanneer laas het jy jou webwerf se inligting opgedateer? Dalk het jy lankal reeds 'n ander epos adres gekry, die lnligting nie laat opdateer nie, en nou wonder jy hoekom jy nie nuwe epos vanaf die webwerf kry nie. Dalk lyk jou huidige webwerf asof jou seun se ex-girl se boetie se pêl dit as 'n Graad 7 projek gedoen het. Of daar is 'n boodskap ander aan die webwerf wat sê "Nuutste opdatering: 12 Mei 2014". As dit die toestand van jou webwerf is, gaan niemand jou of jou besigheid ernstig opneem nie.

We Fix Websites los jou probleem sommer vinnig op. Ons hou daarvan om ouer en disfunksionele webwerwe 'n nuwe baadjie te gee, die bronkode te herskryf sodat dit behoorlik op jou selfoon vertoon, en die inligting op te dateer en relevant te maak.

As jy dink jou webwerf is noodsaaklik om nuwe besigheid te genereer, maak gerus 'n draai by www.wefixwebsites.co.za of kontak hulle by contactus@wefixwebsites.co.za. Dit gaan jou minder kos as wat jy dink! Dalk het jy nie tans 'n webwerf nie en wil een kry. Ons doen nuwe webwerwe ook en help jou met digitale bemarking en sosiale media teenwoordigheid, waarsonder jou kanse op sukses baie klein is.

Andries Oberholzer Consulting Digital Content Management

Inhoudskepping, skedulering, en plasing, Woensdag, 17 April 2024

Indien jou besigheid nie werklik inkomste genereer nie, is die probleem moontlik eenvoudig dat jou bemarking verkeerd is. Meeste eienaars het net nie die tyd om hieraan aandag te gee nie. Kom ons doen dit vir jou. Webwerfontwerp, LinkedIn, sosiale media bladsye, grafika, korporatiewe identiteit, en blootstelling – ons doen dit alles. Kyk hierbo of besoek gerus die webwerf Andries Oberholzer Consulting of WhatsApp ons op 084 531-8046 vir meer besonderhede.

Derdepark Winkelsentrum

Derdepark Winkelsentrum,
Dinsdag, 2 April 2024

As jy ooswaarts uit Pretoria ry op die pad Cullinan toe, maak seker jy draai regs by die kruising waar Derdepark Winkel Sentrum op jou wag. Hierdie ouens is al jare in ons omgewing bedrywing en die sentrum is 'n gewilde oase vir baie inwoners in die omgewing.

Derdepark Winkelsentrum – intiem en uit die gewoel. Dis hoe ons dit sal beskryf. By Derdepark Winkelsentrum kan jy kom ontspan. Eet en drink ietsie by ons restaurant en kry van die beste vleis en lekkerste gebak terwyl jou kar gewas word, of vroulief haar hare sny. Haastig? Ons het ook 'n Engen petrol stasie asook 'n "Quick Shop", alles op dieselfde terrein. Op die perseel is daar ook 'n Postnet, Wassery, Drankwinkel, Karate vir die kinders en nog vele meer. Kom besoek ons gerus.

Kom besoek die supermark waar jou neus jou sommer dadelik na die bakkery gaan lei. Die gebak is elke dag vars en jy moet vinnig maak, anders mis jy uit. Vir jou volgende braai is die slagtery die plek om te wees. Hier kry jy sommer alles wat jy nodig het om jou pelle te beïndruk.

Vergeet die besige winkel sentrums anderkant die snelweg. Hier parkeer jy onder die bome, en vriendelike karwagte sal na jou wiele kyk.

Vir meer inligting, kontak hulle gerus op 012 755-6781, of stuur epos aan info@derdepark.co.za.

5:55 @ 2Moros

5:55 @ 2Moro's
Vrydag, 15 Maart 2024

@5:55 is 'n interkerklike en nie-denominele beweging vir mans. 'n Nuwe tak, by 2Moro's in Montana, het so twee maande gelede begin. Dit maak dit baie makliker vir die ouens wie wes van die snelweg bly, om vroegoggend by te woon, sonder die frustrasie van die verkeer.

Nog voordat ons verrigtinge begin het, het sommige van die ouens oor hulle weermag dae gesels. Dit was toe ook waaroor die ysbreker gegaan het. Ons gasspreker, Marius Oosthuizen, het die boodskap met ons gedeel dat ons onsself moet vra wat ons glo, wat ons passie is, en wat die dinge is waaroor ons regtig omgee. Wat doen ons wat beter as die gemiddeld is, en wat is die "good things" wat ons keer om die "God things" te leef?

Die aanmoediging het uit Efesiërs 1:11 gekom – ons het in Hom, Jesus Christus, 'n erfdeel ontvang, wat vooraf vir ons bepaal is omdat dit God se wil vir ons was. Ons is in Hom. Wat 'n pragtige gedagte! Later, in Efesiërs 2:10, leer ons dat ons God se maaksel is, bestem vir goeie werke, en in Hom wandel.

Ons was vanoggend 14 ouens, van verskillende omgewings en agtergronde, en daar was ook twee nuwe ouens. Baie welkom! Ons leer om mekaar te ondersteun, en mekaar te dra. Na die tyd het 'n paar ouens agtergebly vir 'n brekkie. As jy meer wil weet oor 5:55 @ 2Moros, kontak gerus vir André Venter op 082 894-6855, of epos 5v3nt3rss@gmail.com.

Ubali

Ubali Pomegranate and Prickly Pear Farm,
Saterdag en Sondag, 2 en 3 Maart, 2024

Kom wees deel van 'n lekker dag uit, weg van die stad af. Jy kan aan die stap of draf wedloop deelneem; die kinders kry om op die ponies en perde te ry, en die alpacas te ontmoet. Dalk is jy lus vir iets om te eet – daar is sommer baie om van te kies.

Ons is oop vanaf 07:00 tot 13:00 en die hekke sluit 14:00. Vir meer besonderhede, skakel gerus vir Kobus op 082 920-2038, Louis by 079 213-2784, of stuur epos aan trailrun@ubali.co.za. Stuur sommer n WhatsApp boodskap en hulle stuur vir jou 'n pin sodat jy weet hoe om daar te kom.

Vinyl Fair, 2 Maart 2024

Vinyl Fair at the Bistro,
Saterdag, 2 Maart 2024

Ons eerste vinyl fair vir die jaar het alreeds in Januarie plaasgevind. Ek was daar, en het deur al die mooi titels gegaan. Helaas, die sewe weke van Januarie het sy merk op my geldsake gelos. Dalk is Maart anders, en kan ek daai "elpee" koop wat my nie die vorige keer beskore was nie. Dit is seker hoe baie van ons gevoel het.

Kom maak op Saterdag, 2 Maart 2024 'n draai en word deel van die groeiende aantal belangstellendes wie weer hulle draaitafels en ou plate afgestof het, en die uniekheid van hierdie medium ontdek het. Wat my verbaas is die jongklomp wat hierdie formaat raakgesien het, en mal is daaroor.

Geniet 'n hamburger soos net Rui en sy span dit kan maak. Gesels met die ouens daar en maak nuwe vriende. Charlie en sy span stal ou en nuwe plate uit. As jy raad soek om jou draaitafel weer and die gang te kry, sal ons jou help en sommer bietjie van ons ervarings met jou deel. Sien jou daar!

Eazy Move

Eazy Move,
Donderdag, 29 Februarie 2024

As jy 'n karavaan, 'n boot op 'n treiler, of soortgelyk het, weet jy van die moeite om dikwels die karavaan reg te skuif. Die hande om jou te help is nie altyd beskikbaar nie. Eazy Move kom tot jou redding. Gebore deur ervaring, is Eazy Move die gevolg van Dawie Coetzer se eie patent, gebou rondom die uitdagings om die vakansie op die regte manier te begin.

Eazy Move word aan jou karavaan of treiler gekoppel, en werk met 'n gewone handboor, solank dit 'n omkeer aksie ("reversible") het. Dit werk selfs met koordlose bore. Die produk se ratkas beheer die spoed en remaksie. Dit is ideaal vir ouer persone wie dikwels kamp, en ook om jou karavaan, boot, of treilier in trurat in beperkte spasies in te skuif.

Vir meer besonderhede, skakel Dawie Coetzer op 061 636 7595 of Regina op 082 789 6927. Hulle eposadres is info@eazymove.co.za en die webwerf adres is www.eazymove.co.za.

5:55 @ 2Moros

5:55 @ 2Moros
Vrydag, 23 Februarie 2024

@5:55 is 'n interkerklike en nie-denominele beweging vir mans. Ons kom gewoonlik by Green Olive bymekaar, maar vir die afgelope drie weke het 'n nuwe groep ontstaan. As gevolg van die verkeer wat soms n nagmerrie word op Zambezi Rylaan, en dit moeilik is om oor die Moloto kruising te kom gedurende beurtkrag, moes 'n ander plan gemaak word.

André Venter, 'n staatmaker by die Green Olive byeenkoms, het met die eienaar van 2Moros, gesels, en 'n nuwe groep het ontstaan. Dit is gemik op die ouens wes van die N1 snelweg, ter wille van die verkeers probleme, maar enige iemand is welkom, ongeag waar jy bly.

Vanoggend was die derde byeenkoms en ons spreker, Marius Loubser, het die ysbreker gedoen en sy boodskap gebring – Bewaar jou Hart. Dit is so belangrik dat ons in die hitte van die stryd nie sal vergeet nie, dat dit nie ons is wat die stryd voer nie, maar die Here wie vir ons veg. Ons moet egter kalm bly, selfs al lyk die omstandighede rondom ons of dit ons gaan verswelg. Ons moenie in die hitte van die stryd iets sê wat tot ons nadeel sal wees nie.

Ons was vanoggend 13 ouens, van verskillende omgewings en agtergronde. Ons leer om mekaar te ondersteun, en mekaar te dra. Na die tyd het 'n paar ouens agtergebly vir 'n brekkie. As jy meer wil weet oor 5:55 @ 2Moros, kontak gerus vir André Venter op 082 894-6855, of epos 5v3nt3rss@gmail.com.

Time 2 Rise, 20 Februarie 2024

Time2Rise SA,
Sondag, 25 Februarie 2024

Dit is maklik om te kla oor omstandighede in die land. Ek en jy het egter 'n persoonlike verantwoordelikheid om by te dra om verandering in ons mooi land te bring. Die Time2Rise SA Nasionale Dag van Gebed en Vas vind plaas op Sondag, 25 Februarie 2024. Kyk gerus hierbo vir die besonderhede.

Gaan jy deel hiervan wees? Gaan jou selgroep, belange groep of gemeente betrokke wees? Dit is altyd maklik om die vinger na iemand anders te wys. Ons moet egter self inklim en die verskil wees wat ons in ander wil sien.

As jy weer wil weet, of deel word, kontak Amanda by 083 407-3161 (Whatsapp) of besoek die webwerf www.time2rise.co.za.

CPTD Online, 19 Februarie 2024

CPTD Online,
Maandag, 19 Februarie 2024

Opwindende CPTD-nuus vir alle onderwysers

Om u professionele lewe makliker te maak, het ons, in ooreenstemming met alle SACE-riglyne, 'n CPTD- aanlyn stelsel geskep wat nie net tyd en administrasie bespaar nie, maar ook die proses van voltooiing en registrasie van CPTD-punte op die SACE-platvorm te vergemaklik.

In samewerking met ons borge Sanlam, Ithuthuko Investments en CPTD-Online is dit ‘n waardevolle bron van ondersteuning vir onderwysers, aangesien dit toegang bied tot hulpbronne en geleenthede wat andersins nie beskikbaar sou wees nie. Hierdie sal die geleentheid bied om u CPTD-punte aanlyn en in die gerief van jou eie huis en tyd te doen.

Wat kan u as onderwyser verwag van CPTD-Online? Die CPTD-kursusse neem meestal twee ure vir vyf CPTD-punte. Tans is daar 28 kursusse wat ten volle aan SACE vereistes voldoen om van te kies.

Kontak hulle by +27 12 361 3424 of per epos op helpdesk.cptd@riscofin.co.za. Ons webtuiste is www.cptd-online.co.za.

All Home Projects

All Home Projects,
Donderdag, 08 Februarie 2024

As jy jou huis wil verbeter, is All Homes Projects is die regte ouens om te kontak. Of jy 'n houtdek soek, 'n patio of motor afdak benodig, of jou heinings wil verbeter, Jaco en sy span die regte ouens om te kontak.

Verdere dienste wat hulle lewer is elektriese hekke, aluminium vensters, deure, en storte. Hulle installeer ook aluminium en glas produkte.

All Homes Projects is by SAGGA/SAGI geregistreer en voldoen aan die nodige bouregulasies. Indien jy meer wil weet, kontak gerus vir Jaco Roux op 073 682 3482, stuur epos aan jaco@allhomeprojects.co.za, of besoek hulle webwerf op www.allhomeprojects.co.za. [ All Homes Projects Profiel... ]

Vinyl Fair, 27 Januarie

Vinyl Fair at the Bistro,
Saterdag, 27 Januarie 2024

Is die tyd van langspeel plate verby? Gladnie. Inteendeel, in 2023 is meer nuwe "vinyl" plate as CDs verkoop, en die jonger generasie is die ouens wie mal is oor die formaat. Die ouer garde ontdek weer die nostalgie

Maak eerskomende Saterdag, 27 Januarie 'n draai by Burger Bistro Montana, in Braam Pretoriusstraat, en kom koop vir jou 'n paar nuwe of tweedehandse LPs. Dit is verbasend hoe groot die mark is vir ou plate – hulle kan sommer baie geld werd wees. Soms is 'n oorspronklike stokou uitgawe van 'n titel meer werd as 'n 2023 herdruk. Hierdie is die eerste vinyl fair vir die jaar en Charlie van Eck van House of Vinyl is die uitstaller. Kom gesels met hom as jy daaraan dink om jou ou platespeler uit die garage te haal en weer reg te kry om die mooiste musiek te speel. Hy help jou met al die tegniese hulp wat jy nodig het.

Terwyl jy hier is, kry iets om te eet en te drink – 'n hamburger, koeldrank, koffie, bier – wat ookal op die spyskaart is. Eienaar Rui Policarpo en sy span is reg om die 'n onvergeetlike dag te maak. Bring die gesin en jou vriende. Ons begin so 10:00 as die restaurant oopmaak, en die verkope van plate duur tot so 14:00.

Lippies en Klippies

Lippies en Klippies,
Dinsdag, 23 Januarie 2024

Daar is darem baie kreatiewe mense in ons omgewing. Nita Herman se besigheid is een wat jou dag sommer vinnig sal ophelder. Eienaar van Lippies en Klippies, gebruik Nita spoelklippe waarop sy pragtige verfwerk doen. As jy 'n spesiale geskenk vir iemand soek wat jou nie 'n plaas se prys gaan kos nie, sal Nita vir jou die teken- en verfwerk doen, met 'n spesiale boodskap vir die persoon.

Nou die dag het elkeen van die lede in ons selgroep 'n klippie gekry met die boodskap "Jy is spesiaal." In 'n tyd waar mense nie eintlik meer vir mekaar omgee nie, was hierdie 'n pragtige gebaar en is Klippie, soos ek hom gedoop het, hier reg voor my op my lessenaar. Nita vertel dat sy sommer ook artikels vir jou tuin maak. Jy het dus nie meer 'n verskoning om 'n mooi tuin te hê nie.

Lippies en Klippies

As jy meer wil weet, kontak gerus vir Nita op 082 372-2420 of besoek die Lippies en Klippies Facebook bladsy.

FVC Stationers

FVC Stationers,
Maandag, 22 Januarie 2024

Dit is die begin van die nuwe skooljaar, en jou kinders benodig skryfbehoeftes om die jaar af te skop, of jou kantoor kort nuwe items. FVC Stationers is die regte ouens om te kontak.

By FVC Stationers glo ons dat elke kliënt professionele, individuele diens, en kwaliteit produkte moet kry. Ons het oop en eerlike verhoudings met ons kliënte en ons glo daarin om hulle te alle tye van die beste handelsmerke, groot waardes, en professionele diens te voorsien. Ons poog om hierdie standaarde te handhaaf en ons is altyd op soek na maniere om te verbeter en voort te bou op wat ons reeds bereik het.

Ons het 'n jong en lewenskragtige span hardwerkende bestuur en personeel wat die kern van die besigheid is. By FVC Stationers is ons daartoe verbind om voortdurend nuwe idees en projekte ter tafel te bring.

Vir professionele, indiwiduele diens, en kwaliteit produkte, kontak hulle sommer vandag nog. Besoek die webwerf vir meer besonderhede of skakel hulle sommer vandag nog op (012) 943-8127, (012) 547-5568, of 082 957-8609. Die epos adres is info@fvcstationers.co.za.

Cubify

Cubify,
Maandag, 22 Januarie 2024

Met al die aktiwiteite wat tans by ons skole aan die gang is, wil ons graag skole die geleentheid bied om te verseker dat die mooi oomblikke nooit verlore raak nie. Bemarkers wat vir skole werksaam is, is dikwels ook onderwysers daar en sommer vinnig kan die werkslading net te groot word.

Cubify help skole met digitale bemarking – grafiese werk, sosiale media bemarking, en video's van geleenthede – asook baie ander aspekte. Kontak gerus vir Minki Swart vir meer besonderhede. Jou eerste konsultasie is gratis.

Starfish Legacy Consulting

Starfish Legacy Consulting,
Maandag, 8 Januarie 2024

Sukkel jou besigheid om sy doelwitte te bereik, en is werknemers vroeg in die jaar al onseker wat hulle taak is? Wat jy kort is iemand met bewese ervaring in die korporatiewe sektor om hierdie aspekte aan te spreek. Petro De Beer is gesout in die opleiding van personeel, aanbieding van kursusse vir nuwe bestuurders, en die totale bestuur van personeel ontwikkeling vir jou onderneming. As jy meer wil weet, maak 'n draai op die Starfish Legacy Consulting webwerf.

Adverteerders en besighede

Adverteer jou besigheid hier en kry blootstelling aan mense in nou omgewing. Voordat jy aangaan, kom ons kry die wettiese goed uitgesorteer:

  • Die plasing kos jou niks nie.
  • Ons versamel nie inliging om gemorspos te stuur nie.
  • Kyk na die huidige inligting en stuur bloot vir ons wat nodig is
  • Webwerf adres
  • Kontak persoon
  • Kontak epos adres
  • Kontaknommer
  • Adres – straatnaam, nommer, en voorstad is voldoende
  • Ons laat jou toe om twee verskillende besighede met dieselfde eposadres te regishr.
  • Stuur vir ons die nodige inligting.
  • Ons behou die reg voor om te besluit of 'n diens wat geadverteer word, aanvaarbaar is of nie.
  • Sodra jy jou inligting gestuur het, plaas ons dit, gewoonlik in minder as twee ure.
  • Jou advertensie is sigbaar vir solank as wat jy wil hê. As jy dit wil verwyder, laat ons weet en ons doen die nodige.
  • Die databasis is soekbaar.

As jy meer wil weet voordat jy jou besigheid lys, stuur gerus epos aan kontak@noordvandieberg.co.za. Dalk ken jy iemand wie jy dink hier sal wil adverteer. Stuur vir hulle 'n skakel per epos.

Huidige Adverteerders

VKD Groep
Flex Electrical
Levante Electrical and Maintenance
MS Auto & Turbo
Penta Motor Group
Red Truck Coffee Roastery
Roux Van Rooyen Accounting
Toerbroers
Valve Audio SA
Vuur en Vlam Spyseniering
We Fix Websites
Boss Brand South Africa
The Boutique Photography Studio
Citi Protection
AOC

Soek jy meer inligting?

As jy meer wil weet oor die Noordvandieberg inisiatief, stuur vir ons epos.

Stuur epos


Kontak ons vandag

As jy meer wil weet oor die Noordvandieberg inisiatief, kontak ons gerus.

Adres

Montanapark

Kontaknommer

084 531-8046