Wie is Noordvandieberg?

Almal aan die noordekant van die Magaliesberg ken Noordvandieberg – dit is die noemnaam vir die hele area, vanaf Kameeldrift in die ooste regdeur tot in die weste van Pretoria. As ek deur my kantoorvenster kyk, sien ek die berg en hoor ek die voëls in die bome. Alles noord hiervan is bosveld en dit is pragtig. Ek sal nêrens anders wil bly nie.

Magaliesberg

Hoe dit ontstaan het

Die Noordvandieberg naam is in 2000 geregistreer en het as Noordvandieberg Besigheidsontwikkeling handel gedryf, wat op webwerf- en besigheidsontwikkeling gefokus het. Soos die besigheid gegroei het, het die fokus verander en word 'n ander domein vandag gebruik, Andries Oberholzer Consulting.

Noordvandieberg dra nou ‘n nuwe baadjie – om indiwidue en besighede, klein en groot, te betrek en in ons mooi area ‘n positiewe verandering te maak.
[ Ons antwoord jou vrae... ]

Vertel jou storie

Vertel jou storie

Wat kan jy ons vertel van hoe dit jare terug hier was? Ek onthou die die vroeë 90s toe ons hier ingetrek het. Montanapark was 'n nuwe voorstad en die Kolonnade Sentrum het nog nie bestaan nie. Braam Pretorius se twee dele was nog nie verbind nie. Dit was die deel noord van die sportvelde, tussen Dabchickstraat en Lataniastraat, wat 'n oop veld was. Dit was 'n stil pad waar die kinders gespeel het en ons saans gestap het. Vandag is Braam omtrent net so besig soos Zambesi... ek kan nie aan die nuwe naam gewoond raak nie.
[ Vertel ons jou storie... ]

Besighede

Jou besigheid

Besighede vorm 'n integrale deel van 'n gemeenskap. As jy 'n besigheid bedryf, maak nie saak hoe klein of hoe groot nie, vertel ons daarvan. Jy kan ook jou beigheid gratis lys op ons bladsy vir adverteerders.

As jy meer wil weet voordat jy jou besigheid lys, stuur gerus epos aan kontak@noordvandieberg.co.za. Dalk ken jy iemand wie jy dink hier sal wil adverteer. Stuur vir hulle 'n skakel per epos. Die plasing kos jou niks nie. Kyk na die bestaande advertensies en stuur dieselfde inligting. [ Adverteerders... ]


2022 Artikels [ 2023 Artikels ]  [ 2024 Artikels ]

Straatevangelisasie

Vertel jou storie – 'n Boodskap om te hoor, Maandag, 26 Desember 2022

'n Man sonder pretensies verkondig die evangelie van vrede en 'n ewige lewe waar hy ookal gaan. Hy is bloot gehoorsaam aan die groot opdrag. Sy verhaal is kragtig en motiveer andere om dieselfde te doen. Kyk uit vir die moruti wat in jou straat sy werk doen, baie ver van sy eie mense af.
[ Lees sy storie... ]

Valve Audio SA

Vertel jou storie – 'n Wêreld van suiwer klank, Maandag, 19 Desember 2022

Een van die beste ontwerpers en vervaardigers van top kwaliteit stereo versterkers in die wêreld woon sommer hier reg in Noordvandieberg land. Schalk Havenga van Valve Audio is een van die laastes van sy soort, met 'n oor vir kwaliteit. As jy 'n ywerige musiek luisteraar is, moet jy dalk verder lees.
[ Vind meer uit oor Valve Audio... ]

Red Truck Coffee Roastery

Vertel jou storie – 'n Heerlike ervaring, Vrydag, 9 Desember 2022

'n Koffiewinkel met 'n verskil, nie die tipe wat jou bestelling neem, jou geld vat, en jou vinnig laat koers kry nie. Red Truck Coffee Roastery is nie een van daardie nie. Hier kan jy koffie bestel, jou tyd neem, en ontspan. Niemand gaan jou wegjaag om vir iemand anders plek te maak nie.
[ Kom loer in... ]

Die oom met die fiets

Vertel jou storie – Die oom met die fiets, Vrydag, 25 November 2022

Een man maak 'n verskil op grondvlak en baie mense se lewens word verander. As ons hulle wil bereik, moet ons direk kontak maak, daar waar hulle is. Geloof kom deur die hoor van die Woord. Ons moet hulle wen deur die Weg, die Waarheid, en die Lewe te verkondig. Dalk is jou vriendelike groet presies wat iemand vandag nodig het.
[ 'n Mooi verhaal... ]

Bergbid 2022

Vertel jou storie – Bergbid 2022, Saterdag, 19 November 2022

Bergbid 2022 het op 19 November 2022 plaasgevind en is ‘n inisiatief van gemeentes in ons area. Sommer al van vroeg af het mense van oral oor die staptog na die kruin van die berg aangepak met een doel – om vir ons stad te bid. Verandering in die omgewing vind net plaas as daar ‘n verandering van gesindheid is.
[ Na die kruin van die berg... ]

Ettienne Marais

Vertel jou storie – @5:55, Ettienne Marais, Vrydag, 18 November 2022

@5:55 is 'n inisiatief om inwoners in ons omgewing betrokke te kry. Op Vrydag, 18 November 2022 was meer as 100 mans by Green Olive Restaurant bymekaar. Die gasspreker, Ettienne Marais, al die pad van die Kaap af, deel met ons God se strategie vir jou as man, waar jy jou ookal op die markplein bevind...
[ Ritmies met Ettienne, vyf voor ses... ]

Kameeldrift Trauma Sentrum

Vertel jou storie – Kameeldrift Trauma Sentrum, Junie 2008

Daar is verskeie trauma sentrums in die noorde van Pretoria. Dit is nie altyd maklik om daar diens te doen nie en vrywilligers moet die werk doen. Slagoffers van tuisgeweld, aanvalle op plase en plotte, en ander traumatiese gebeurtenisse besoek dikwels die trauma sentrum vir berading. Hier is twee ware verhale.
[ Langs die rugbyveld... ] en [ Noodoproep... ]

Van Chicago, met liefde

Vertel jou storie – Al die pad van Chicago af, Februarie 2003

Iewers in 2003 sit ek een Vrydagmiddag en werk, toe daar epos aankom uit die VSA. Die persoon skryf dat hy en sy gesin Suid Afrika verlaat het en hulle ouers hier moes agterlaat. Hy soek ‘n manier om vir hulle iets by die huis te laat aflewer. Hy begin toe ‘n soektog en kom op my webwerf af. Hier is wat gebeur het.
[ Van Chicago, met liefde... ]

Adverteerders en besighede

Adverteer jou besigheid hier en kry blootstelling aan mense in nou omgewing. Voordat jy aangaan, kom ons kry die wettiese goed uitgesorteer:

  • Die plasing kos jou niks nie.
  • Ons versamel nie inliging om gemorspos te stuur nie.
  • Kyk na die huidige inligting en stuur bloot vir ons wat nodig is
  • Webwerf adres
  • Kontak persoon
  • Kontak epos adres
  • Kontaknommer
  • Adres – straatnaam, nommer, en voorstad is voldoende
  • Ons laat jou toe om twee verskillende besighede met dieselfde eposadres te regishr.
  • Stuur vir ons die nodige inligting.
  • Ons behou die reg voor om te besluit of 'n diens wat geadverteer word, aanvaarbaar is of nie.
  • Sodra jy jou inligting gestuur het, plaas ons dit, gewoonlik in minder as twee ure.
  • Jou advertensie is sigbaar vir solank as wat jy wil hê. As jy dit wil verwyder, laat ons weet en ons doen die nodige.
  • Die databasis is soekbaar.

As jy meer wil weet voordat jy jou besigheid lys, stuur gerus epos aan kontak@noordvandieberg.co.za. Dalk ken jy iemand wie jy dink hier sal wil adverteer. Stuur vir hulle 'n skakel per epos.

Huidige Adverteerders

VKD Groep
Flex Electrical
Levante Electrical and Maintenance
MS Auto & Turbo
Penta Motor Group
Red Truck Coffee Roastery
Roux Van Rooyen Accounting
Toerbroers
Valve Audio SA
Vuur en Vlam Spyseniering
We Fix Websites
Boss Brand South Africa
The Boutique Photography Studio
Citi Protection
AOC

Soek jy meer inligting?

As jy meer wil weet oor die Noordvandieberg inisiatief, stuur vir ons epos.

Stuur epos


Kontak ons vandag

As jy meer wil weet oor die Noordvandieberg inisiatief, kontak ons gerus.

Adres

Montanapark

Kontaknommer

084 531-8046