Wie is Noordvandieberg?

Almal aan die noordekant van die Magaliesberg ken Noordvandieberg – dit is die noemnaam vir die hele area, vanaf Kameeldrift in die ooste regdeur tot in die weste van Pretoria. As ek deur my kantoorvenster kyk, sien ek die berg en hoor ek die voëls in die bome. Alles noord hiervan is bosveld en dit is pragtig. Ek sal nêrens anders wil bly nie.

Magaliesberg

Hoe dit ontstaan het

Die Noordvandieberg naam is in 2000 geregistreer en het as Noordvandieberg Besigheidsontwikkeling handel gedryf, wat op webwerf- en besigheidsontwikkeling gefokus het. Soos die besigheid gegroei het, het die fokus verander en word 'n ander domein vandag gebruik, Andries Oberholzer Consulting.

Noordvandieberg dra nou ‘n nuwe baadjie – om indiwidue en besighede, klein en groot, te betrek en in ons mooi area ‘n positiewe verandering te maak.
[ Ons antwoord jou vrae... ]

Vertel jou storie

Vertel jou storie

Wat kan jy ons vertel van hoe dit jare terug hier was? Ek onthou die die vroeë 90s toe ons hier ingetrek het. Montanapark was 'n nuwe voorstad en die Kolonnade Sentrum het nog nie bestaan nie. Braam Pretorius se twee dele was nog nie verbind nie. Dit was die deel noord van die sportvelde, tussen Dabchickstraat en Lataniastraat, wat 'n oop veld was. Dit was 'n stil pad waar die kinders gespeel het en ons saans gestap het. Vandag is Braam omtrent net so besig soos Zambesi... ek kan nie aan die nuwe naam gewoond raak nie.
[ Vertel ons jou storie... ]

Besighede

Jou besigheid

Besighede vorm 'n integrale deel van 'n gemeenskap. As jy 'n besigheid bedryf, maak nie saak hoe klein of hoe groot nie, vertel ons daarvan. Jy kan ook jou beigheid gratis lys op ons bladsy vir adverteerders.

As jy meer wil weet voordat jy jou besigheid lys, stuur gerus epos aan kontak@noordvandieberg.co.za. Dalk ken jy iemand wie jy dink hier sal wil adverteer. Stuur vir hulle 'n skakel per epos. Die plasing kos jou niks nie. Kyk na die bestaande advertensies en stuur dieselfde inligting. [ Adverteerders... ]


2023 Artikels [ 2022 Artikels ]  [ 2024 Artikels ]

Independent Technology Security (ITS) Systems

ITS Systems, Dinsdag, 19 Desember 2023

Independent Technology Security (ITS) Systems is 'n toonaangewende verskaffer van sekuriteitsdienste vir areas waar sekuriteit van groot belang is – winkelsentrums, landgoedere, reservate, lughawens, korporatiewe geboue, sportsentrums, en nasionale sleutelpunte. Netwerke, sekuriteitskameras en toegangsbeheer is hulle spesialis areas. Vir meer besonderhede besoek die ITS Systems webwerf. Gesels met Theo of Lana Mienie.

Die Opstal Biltong

Die Opstal Biltong, Dinsdag, 19 Desember 2023

As jy op soek is na top gehalte biltong hier in ons omgewing, kontak gerus Die Opstal Biltong vir die regte Opstal smaak! Hierdie ouens neem weekliks bestellings, maar jy moet vinnig wees, anders mis jy uit. Gesels met Erika op 082 458-3760 of Pieter op 082 800-6168 (ook op WhatsApp). Hulle is in die Sinoville omgewing. Vir meer besonderhede, besoek die Opstal Biltong Facebook bladsy. Kom ons ondersteun ons plaaslike besighede.

Vinyl Fair, Burger Bistro Montana, Vrydag, 15 Desember 2023

Vinyl Fair, Burger Bistro Montana, Vrydag, 15 Desember 2023

Hierdie Vrydag is 'n vakansiedag. Kom maak gerus 'n draai by hierdie jaar se laaste "vinyl fair" by Burger Bistro, Montana, in Braam Pretoriusstraat. Daar is baie tweedehandse en nuwe langspeelplate. Dalk kan jy iemand saambring wie vir jou iets vir Kersfees gaan koop. Nooi n vriend of twee, kom geniet die musiek, koop 'n plaat, en gryp iets om te eet. Dinge begin om tienuur en jy kan kuier so lank as wat jy wil. Gesels met Werner Schulze en Charlie Van Eck, die ouens wie weet van langspeel plate.

Jy sal ook vir Dewald Visser daar raakloop. As daar iemand is wie 'n passie vir musiek en stereo stelsels het, is dit hy. Besoek gerus sy webwerf op Dewaudio. 'n Artikel oor sy besigheid verskyn laer af op hierdie bladsy. Gaan kyk ook sommer na Linn Sondek LP12 Support vir inligting oor die klassieke Linn Sondek draaitafel. As jy agterkom die plate gogga het jou weer gebyt, gesels met die ouens daar. Hulle sal jou help om sommer vinnig weer 'n draaitafel te kry, jou ou "elpies" uit die garage te haal, en weer die nostalgie van langspeelplate te beleef. Dit is net soveel beter as CD en "streaming". Sien jou Vrydag.

Roux Van Rooyen Accounting

Roux Van Rooyen Accounting, Woensdag, 14 Desember 2023

Etienne Roux en sy span is al meer as 20 jaar betrokke in ons omgewing, met kantore in Magalieskruin, teen die hange van die berg. Syfers, debiete, en krediete is hierdie ouens se kos

As jy sukkel met jou inkomstebelasting, BTW, maatskappy registrasie, jaarlikse oudit, of betaling van personeel, is Roux Van Rooyen Accounting die regte mense om te kontak. Vir meer besonderhede, besoek hulle webwerf by www.rvr.co.za, stuur epos aan etienne@rvr.co.za of skakel hulle op 012 548-0926. Die vriendelike span is gereeds om jou by te staan.

Marti's Mans Haarsalon

Marti's Haarsalon,
Dinsdag, 12 Desember 2023

As jy 'n ou is en 'n haarsny soek wat sommer ook 'n lekker kuier is, maak gerus 'n draai by Marti's Mans Haarsalon in Winkel 39, Zambezi Junction. Hier kan jy sommer net lekker ontspan terwyl jy so 'n bietjie gepamperlang word. En ja, ons ouens kan ook doen met so 'n bietjie TLC.

Nadat 'n goeie vriend Marti's aanbeveel het, het ek 'n draai daar gaan maak. Hare op die kop is nie die moeite werd om te sny nie – daar is te min oor. Toe vra ek maar dat hulle my baard onder hande neem. Rumi het 'n doodgewone roetine haarsny sommer baie spesiaal gemaak. Nie alleen is hy sommer lekker kort gesny nie, maar 'n skeer daarmee saam het my sommer weer nuut laat voel. Die warm handdoek was baie welkom.

Jy gaan ook nie 'n plaas se prys betaal nie. Vir gewone ouens is dit R120.00; vir ouens oor 65 is die prys R80.00; en skoliere moet R80.00 uithaal. Die dames word ook nie van vergeet nie. As jy bo 65 is, gaan 'n haarsny jou R120.00 kos, en as jy 'n lekker kort sny soek, R150.00.

Waar kry jy hulle? In Zambezi Junction, soek die nuwe perseel van Arrie Nel apteek en Jack's hardeware. Stap deur die gang, en vind die winkel op die linkerkant, by die hysbak. Besoek hulle op Facebook.

Marti's Haarsalon is Maandae oop vanaf 8:00 tot 12:00; Dinsdae tot Vrydae vanaf 8:00 tot 17:00; en Saterdae vanaf 8:00 tot 12:00. Gesluit op Sondae en openbare vakansiedae. Vir meer besonderhede, skakel Marti op 079 787-6175.

Rosemary's Cleaning Services

Rosemary's Cleaning Services,
Maandag, 11 Desember 2023

Dalk trek jy in 'n nuwe huis of kantore in en wil hê dit moet behoorlik skoongemaak word. Rosemary's Cleaning Services is die besigheid wie jy moet kontak. Gesles gerus met Sarita Van Staden op 061 349-3797. Skakel hulle vandag nog vir n verskeidenheid van skoonmaakdienste.

Andries Oberholzer Consulting Digital Content Management

Inhoudskepping, skedulering, en plasing, 9 Desember 2023

Indien jou besigheid nie werklik inkomste genereer nie, is die probleem moontlik eenvoudig dat jou bemarking verkeerd is. Meeste eienaars het net nie die tyd om hieraan aandag te gee nie. Kom ons doen dit vir jou. Webwerfontwerp, LinkedIn, sosiale media bladsye, grafika, korporatiewe identiteit, en blootstelling – ons doen dit alles. Kyk hierbo of besoek gerus die webwerf Andries Oberholzer Consulting of WhatsApp ons op 084 531-8046 vir meer besonderhede.

Vuur en Vlam Spitbraai en Spyseniering

Vuur en Vlam Spitbraai, 8 Desember 2023

Is jy op soek na iemand om jou volgende funksie se eetgoed te verskaf? Kyk niks verder nie as Vuur en Vlam Spitbraai en Spyseniering. Paul van der Meulen is die regte man om te kontak. Vuur en Vlam Spitbraai verskaf puik spysenierings dienste vir troues, korporatiewe funksies, verjaarsdae, en baie meer. Hierdie ouens gaan vir jou 'n heerlike feesmaal voorberei wat jy nie sommer gou gaan vergeet nie. [ Besoek hulle webwerf vir meer inligting... ]

Dewaudio – Dewald Visser Audio

Dewaudio, Donderdag, 07 Desember 2023

Hier in ons omgewing is ouens wie se passie musiek is. Een van hulle is Dewald Visser, eienaar van Dewaudio. Met bewese ervaring in ateljee opnames, mikrofone, menger konsoles, en buisversterkers, is daar min wat hy nie kan doen nie. As jy op soek is na 'n buisversterker, kontak gerus vir Dewald. Hy woon in Cullinan, sommer net hier by ons. Hy is ook eerskomende Vrydag by die vinyl fair (sien artikel hierbo). Gesoek gerus sy webwerf op www.dewaudio.com vir meer inligting.

Jean Oberholzer Consulting

Jean Oberholzer Consulting, 06 Desember 2023

Om mense, en spesifiek personeel, te bestuur, is nie aldag maklik nie. Jean Oberholzer help graag met prestasie bestuur, personeel aanstellings, integrasie, en opleidingsbehoeftes. Inhoudskepping, en -bestuur dra by om besighede en indiwidue die nodige blootstelling te gee. Menslike hulpbronne bestuur verseker dat jou besigheid reg is vir die toekoms.

Indien jy hierin belangstel, kontak gerus vir Jean op 061 395-0210, of kontak hom per epos op oberholzerjean@protonmail.com.

Flex Electrical

Flex Electrical, 29 November 2023

Nie almal van ons is handig wanneer dit by elektrisiteit en ander instandhouding kom nie. Jou eie DIY poging kan sommer groot skade veroorsaak. Voordat jy iets onverantwoordelik aanvang, kontak eerder vir Flex Electrical. Hierdie ouens sal jou sommer vinnig uitsorteer. Is jy op soek na hulp met elektrisiteit, verstopte waterpype, sonpanele, skoon maak van jou sonpanele, of ander instandhouding, skakel gerus vir Stephen Tsalavoutas by 072 710-7447 of stuur epos aan stephen@flexelectrical.co.za.

2023 Christmas Drive

2023 Christmas Drive, 09 Desember 2023

Hi Community! On Saterday, 9 December 2023, we are going to have a Christmas🎅 mass community patrol again. The CPF, security, and SAPS🚓 will lead the patrol with Christmas father in a Jeep. We will drive through Doornpoort giving children sweets packets🍭🍬 Anyone who wants to contribute sweet packets 🍬🍭for the children are welcome to contact Sjarleen on 061 145-8620

Any security company🚘, medics🚑 etc are welcome to join in. We also ask for anyone who can spare any non-perishable food🥫 to please bring along what you can afford. The crisis centre will ensure it gets to needy families in our area. Please keep this date open and join us, showing force against crime in our area while having fun and giving back to the community.💪💪

Donations are urgently required.

Vinyl Fair, Burger Bistro

Vinyl Fair @ Burger Bistro, 18 November 2023

Na die groot suskes van ons eerste vinyl fair, vind die volgende een op Saterdag, 18 November 2023 plaas. Kom eet iets, geniet die musiek, en koop 'n paar plate. Dalk dink jy daaraan om weer jou ou draaitafel af te stof, en jou ou "elpies" uit die garage te haal. Langspeelplate is weer hoog mode, soos dit hoort. [ Lees meer oor hierdie formaat... ]

FHM Fix

FHM Fix, 14 November 2023

As jy op soek is na 'n nutsman met baie jare ervaring, om jou instandhouding te doen, kontak gerus vir Hein Schroder van FHM Fix. Met die somer op ons is dit dalk nodig om so bietjie jou bome terug te snoei. Dalk is daar een wat moet plek maak vir iets nuuts. Hein is die man om te kontak. Nog dienste wat hulle bied is die volgende:

  • Groot en klein huisonderhoud
  • Kombuise en badkamers
  • Herstek van dakke, waterdigting
  • Plafonne
  • Teëlwerk
  • Sweiswerk
  • Algemene elektriese herstelwerk
  • Plaveisel
  • Mikro besproeiïng vir tuine
  • Veiligheidshekke
  • Loodgieterwerk

Vir meer inligting, kontak Hein op epos heinjnrschroder@gmail.com of selfoon 072 386-4950 / 071 631-3396.

Borge en gemeenskap betrokkenheid

Borg 'n inisiatief, 8 November 2023

Geen besigheid of entiteit opereer in isolasie nie. Ons het almal mekaar nodig. Noordvandieberg se eienaar, Andries Oberholzer Consulting, is ook verantwoordelik vir ander inisiatiewe. Kom ons kyk hoe ons mekaar, en ons besighede, kan betrek en meer blootstelling gee. [ Raak betrokke... ]

Hannah Collective
Hannah Collective

Hannah Collective,
Saterdag, 04 November 2023

By Hannah Collective is dit ons doel om elke vrou te help om haar uniekheid uit te leef, en ons doen dit op twee maniere. In die eerste plek beoog ons om unieke, qualiteit bybehore elke maand voor elke vrou se deur af te laai, met ons intekenboks. Ons glo dat dit nie nodig is om elke seisoen jou hele klerekas te verwissel om in styl te bly nie, die regte bybehore kan die nodige verskil maak. Ons hou die modes dop, en soek konstant vir kwaliteit produkte wat in Suid Afrika vervaardig word om elke vrou se klerekas mee te verryk.

In die tweede plek deel ons vrouens se stories, en is die doel om ’n gemeenskap van vrouens aan mekaar voor te stel en hoop te gee. Elke vrou het ’n unieke storie en iets waardevol om by te dra tot die mense rondom haar. [ Besoek ons webwerf vir meer besonderhede. ]

Kaleidoskoop Kersmark

Kaleidoskoop Kersmark,
Maandag, 30 Oktober 2023

Kaleidoskoop Kersmark vind vanaf Maandag, 30 Oktober, tot Saterdag, 04 November plaas by Doxa Deo Kameeldrift, op die pad uit Pretoria oppad na Cullina. Kom koop die uitstallers se items, kry iets om te eet, en geniet die musiek. Ons is oop vanaf 9:00 to 21:00. [ Besoek die Kaleidoskoop webwerf vir nog inligting... en kyk hier na 'n paar fotos... ]

Linn Sondek LP12

Stof jou ou plate af,
Woensdag, 25 Oktober 2023

Vergeet musiek "streaming" en selfs CDs. Daardie ou langspeel plate is terug in die mode, met mag en mening. Ons vertel jou meer oor een spesifieke model, die Linn Sondek LP12 [ Lees verder... ]

Farmers Charity Golf Day 2023

Blue Bird Jaarlikse Gholfdag,
Vrydag, 2 November 2023

Die Vissershoek Waterskema verskaf water aan die inwoners van die De Wildt omgewing. Op 29 September 2023 vind 'n gholfdag plaas wat ten doel het om fondse in te samel om die dam te herbou. As gemeenskap het ons die verantwoordelikeid om uit te reik en hierdie belangrike saak te ondersteun. Hier is jou inskrywingsvorm, met 'n video boodskap van Angelique Gerber. [ Lees hoe jy hulle kan ondersteun... ]

Vinyl Fair, 18 November 2023

Vinyl Fair @ Burger Bistro,
Saterdag, 18 November 2023

Saterdag, 14 Oktober, was sommer 'n heerlike dag by Burger Bistro, Montana. Nie alleen het vreemdelinge lekker gekuier en vriende geword nie, maar het die ouens daar weggestap met 'n klomp plate onder die arm. Sommiges het sommer net daar besluit hulle wil draaitafels kry en deel van hierdie stokperdjie word. Die volgende geleentheid is alreeds in beplanning. Merk 18 November 2023 op jou kalender. Baie dankie aan almal wie ons kom ondersteun het, veral vir Werner en Charlie (die uitstallers), Dewald wat die musiek verskaf het, en Roy, die eienaar van Burger Bistro. [ Sien meer oor ons borge op Linn Sondek LP12, Andries Oberholzer Consulting, Noordvandieberg, en Burger Bistro. ]

Bergbid 2023, 14 Oktober 2023

Bergbid,
Saterdag, 14 Oktober 2023

So 4:30 Saterdagoggend het die ouens alreeds by Magalieskruin NG Kerk se parkeer terrein bymekaar gekom en begin om bergtoe te stap. Dit was koud, maar die ouens se harte was warm. Gelukkig het 'n paar ouens besluit om koffie en muffins te verkoop sodat jy iets in die lyf kon kry voor die stap begin het. Bo-op die berg het ons vir die sonsopkoms gewag, en vir die verrigtinge om te begin. Hierdie jaar was daar geen reën in die lug nie. [ Hier is die storie... ]

Sektor 4 Gemeenskap Skoonmaak Projek

Sektor 4 Gemeenskap Skoonmaak Projek,
Saterdag, 14 Oktober 2023

As jy in die Doornpoort area bly, is hier 'n projek net vir jou. Die Sektor 4 Lede reël 'n skoonmaak projek vir Saterdag, 14 Oktober 2023. Ons nooi jou uit om verder te lees, en betrokke te raak. [ Raak betrokke... ]

Vinyl Fair, Burger Bistro

Vinyl Fair @ Burger Bistro, 14 Oktober 2023

In 'n tyd waar alles aanlyn is, en ons kontak met mense verlore gaan, word al meer van ons bewus van die gemis om iets vas te hou. In die wêreld van musiek is dit dieselfde. Eers het ons die "elpies" weggegooi, want CD was die nuwe inding. Toe gooi ons hulle weg, want ons kan rip en stream. Die wiel het gedraai en nou koop almal weer plate. Ons nooi jou om te kom kyk en te koop. [ Kom maak 'n draai... ]

JBD Sport

JBD Sport, 26 September 2023

Met die somer hier, is daar geen rede waarom ons nie die buitelug kan geniet nie. JDB Sport is die regte plek om te besoek as jy belangstel in sportklere en -toerusting soos rugby, netbal, hokkie, atletiek, perdry, krieket, sokker, visvang, en fietsry. Hulle is in Doornpoort en nooi jou uit om hulle te kom besoek. [ Kom koop jou sport klere... ]

Espresso Laundry

Espresso Laundry, 26 September 2023

Daardie goor wasgoeddae is iets van die verlede. As jy nie meer hiervoor lus het nie, en n professionele diens soek, besoek gerus Espresso Laundry hier in die hartjie van Magalieskruin. Ons sorg sommer vir al jou skoonmaak kopsere. Terwyl jou wasgoed gewas word, drink 'n koffie en maak van ons wifi dienste gebruik. [ Vind meer uit... ]

Burger Bistro

Burger Bistro, 23 September 2023

In Magalieskruin is 'n restaurant met 'n verskil. Burger Bistro Montana het sommer 'n baie lekker "vibe". Kyk na die versierings en jy sien die vrolike atmosfeer met musiek oral te sien en te hoor. Daardie ou "vinyl" plate wat jy op die tafels sien, vertel 'n storie, en jy kan hulle sommer net hier koop. [ Vind meer uit... ]

Unite180

Unite180, 20 September 2023

Unite180 is 'n dinamiese kerk wie nie net preek nie, maar ook uitleef waarin hulle glo. Hulle maak al vir 'n geruime tyd 'n wesenlike impak op ons omgewing, met die doel om mense op alle vlakke te bereik. Van die ooste van ons mooi stad, tot ver in die weste, besoek mense hierdie gemeente om te leer om 'n verskil te wees. [ Vind meer uit... ]

Farmers Charity Golf Day 2023

Blue Bird Gholfdag,
Vrydag, 2 November 2023

Die Vissershoek Waterskema verskaf water aan die inwoners van die De Wildt omgewing. Op 29 September 2023 vind 'n gholfdag plaas wat ten doel het om fondse in te samel om die dam te herbou. As gemeenskap het ons die verantwoordelikeid om uit te reik en hierdie belangrike saak te ondersteun. [ Lees verder... ]

Jaén Swart Groente projek

Gemeenskaps Groente Projek,
Sondag, 20 Augustus 2023

In die Leeuwfontein area is daar iemand met ‘n plan, ‘n doel, en ‘n visie. Iewers in Mei van hierdie jaar het Jaén Swart besluit iets moet gedoen word om die las vir inwoners in die omgewing net so ‘n bietjie ligter te maak. Sy eiendom het oop areas. Wat as ons hierdie spasies kan inspan en ‘n groentetuin begin? [ Jaén vertel verder... ]

@5:55 Leon Van Wyk

Vertel jou storie – @5:55 – Leon Van Wyk, Vrydag, 11 Augustus 2023

Elke persoon wie COVID-19 gehad het, se storie is anders, en uniek. Leon Van Wyk het COVID-19 oorleef. Vandag vertel hy van die bietjie wat hy onthou gedurende 85 dae in die hospitaal. Dit was 'n warboel van emosies, frustrasie, en soms bangwees. Die Here was egter met hom. [ Lees verder... ]

@5:55 Don Price

Vertel jou storie – @5:55 – Don Price, Vrydag, 04 Augustus 2023

Kom luister na Don Price, stigterslid van YWAM (Youth With a Mission) oor wat die werklike waarde van evangelisasie en dissipelskap is. Begin vroeg al lewe saai in die bestaan van jong mense, en verseker so 'n stabiele volgende generasie. Die huidige generasie vorm die opkomende een. [ Luister na ons besoeker uit Londen... ]

@5:55 Jürgen Prinz

Vertel jou storie – @5:55 – Jürgen Prinz, Vrydag, 28 Julie 2023

Ons verlede laat dalk letsels, fisies en geestelik, op ons, maar die Here se genade red ons, maak ons heel, en laat ons aanbeweeg, ongeag wat in die verlede gebeur het. Ons gasspreker het Vrydagoggend vir 32 ouens, van wie sommiges vir die eerste keer ons besoek het, sy storie vertel [ Jürgen Prinz is aan die woord... ]

Hairz Beauty & Nails

Vertel jou storie – Hairz Beauty & Nails,
Donderdag, 27 Julie 2023

Is dit nie lekker nie as jy jouself net so af en toe bietjie bederf? Ons sal nooit perfek wees nie, maar Hairz Beauty & Nails sal sorg dat jy sommer baie nader aan daardie ideaal kom. Of jy net jou hare wil laat doen, of sommer ook tyd spandeer om 'n pedi en 'n mani te doen, ons kan jou help. [ 'n Kliënt vertel meer... ]

Artsy Enterprise

Vertel jou storie – Artsy Enterprise,
Woensdag, 26 Julie 2023

Meubels is 'n baie belangrike deel van enige huis. Artsy Enterprise maak nuwe meubels volgens jou spesifikasies, en restoreer ouer meubels. Jou eetkamertafel, stoele, en ander meubels kan nog jare hou. Staalwerk? Geen probleem nie. Inteendeel, Lian en sy span doen omtrent enige iets. [ Hier is 'n inwoner se storie... ]

Medi-Cab

Vertel jou storie – Medi-Cab,
Woensdag, 28 Junie 2023

Het jy dalk 'n been or arm gebreek en kan nie bestuur nie? Dalk kan jy vanweë ouderdom nie meer bestuur nie en moet by 'n mediese diensverskaffer uitkom. Medi-Cab is jou oplossing. Hulle bied 'n verskeidenheid van vervoerdienste, veral vir ouer mense. [ 'n Inwoner vertel verder... ]

Bundhu Lodge, Dinokeng

Vertel jou storie – Bundhu Lodge, Vrydag, 23 Junie 2023

As jy 'n wegbreek met 'n verskil soek, besoek gerus Bundhu Lodge in die Dinokeng Natuurreservaat, noord-oos van Pretoria. Die ideale plek om jou troue te hou, werksfunksies te hou, te kampeer, te stap, of sommer net te ontspan, bied Bundhu Lodge iets vir almal. [ Lees verder... ]

@5:55 Deon Gerber

Vertel jou storie – @5:55 – Deon Gerber, Vrydag, 9 Junie 2023

Die Here bring ons in 'n nuwe seison in. Hy wil iets nuuts doen en ons in sy wonderlike planne bring, en in voorsiening bring om sy koningkryk te vergroot. Die Here het Deon op 'n pad gevat waar hy met sakemanne 'n pad gestap het met koningkryk besigheid. Die Heilige Gees het hom Engeland toe geroep. [ Deon vertel ons meer... ]

VKB Groep

Vertel jou storie – Jy en jou boedel, Woensdag, 8 Junie 2023

Die heengaan van 'n familielid en vriend is ongetwyfeld 'n diep emosionele en uitdagende tyd. Te midde van die rouproses voeg die regs- en administratiewe take wat verband hou met die likwidasie van 'n bestorwe boedel, verdere laste by vir diegene wat agterbly.

Met erkenning van die kompleksiteite wat betrokke is, reik ek 'n helpende hand uit na enigiemand wat dalk met hierdie ingewikkelde proses worstel. [ Kry meer besonderhede... ]

Mentors vir mans

Vertel jou storie – Mentors vir Mans, Dinsdag, 7 Junie 2023

Wat is die impak wat mans op mekaar het? Ons het almal mense met ervaring nodig wie ons kan help om sin van die lewe te maak, mense wie mekaar kan slyp – yster slyp yster. Jonges moet by die ouer generasie kan leer hoe om effektief mans te wees. Wie gaan hulle leer as ek en jy dit nie doen nie? [ Lees gerus meer oor hierdie projek... ]

@5:55 Ludwig Oellermann

Vertel jou storie – @5:55 – Ludwig Oellermann, Vrydag, 2 Junie 2023

Die lewe gaan nie net oor geld nie. Ons het dit nodig, maar sukses in die lewe word nie gemeet aan hoeveel geld jy in jou rekening het nie, maar hoe God jou sien. Jou lewe moet 'n verskil maak. Ludwig deel sy storie met ons, een van baie berge en dale, en oral was God met hom.
[ Kom lees iets van sy storie, God se glorie... ]

@5:55 Frans Smit: Stroomop

Vertel jou storie – @5:55 – Frans Smit, Vrydag, 26 Mei 2023

Wat maak jy as jy oop die jong ouderdom van 22 met kanker gediagnoseer word? Gaan lê jy, en dryf stroomaf na jou einde, of veg jy stroomop, dalk teen dit wat die wêreld sal wil hê jy moet doen? Met die krag wat die Here ons gee as ons Hom eerste stel, is alles moontlik.
[ Frans deel sy hart met ons... ]

Vissershoek Waterskema

Vertel jou storie – Vissershoek Waterskema, Sondag, 21 Mei 2023

Die Vissershoek Waterskema verskaf water, met alles wat daarmee gepaard gaan – landbou, werksgeleenthede, toerisme, ontspanning, en biodiversiteit, vir baie jare. Dit is tans in gedrang en sonder die publiek se bydrae sal dit tot niet gaan.
[ Lees meer oor Vissershoek... ]

@5:55 Arie Van der Kruk: Vryheid in die gevangenis

Vertel jou storie – @5:55 – Arie Van Der Kruk, Vrydag, 19 Mei 2023

Ingenieur, evangelis, tronkbedienaar – dit is 'n paar van die beroepe wat hierdie merkwaardige man, met sy mooi diep stem, het. 'n Passie vir mense dryf hom om die evangelie by almal uit te bring, ook in die gevangenis. Hierdie was 'n baie spesiale geleentheid.
[ Arie vertel verder... ]

@5:55, Marius Loubser

Vertel jou storie – @5:55 – Marius Loubser, Vrydag, 5 Mei 2023

Het jy al gedink dat jy in jou lewe baie foute gemaak het, en die horlosie sou wou terugdraai? Ons spreker vir die oggend, Marius Loubser, deel met so 23 ouens hoe die Here lankal ons paaie vir ons uitgelê het. Ons moet net leer om op Hom staat te maak.
[ Marius vertel meer... ]

@5:55, Wynand Marais

Vertel jou storie – @5:55 – Wynand Marais, Vrydag, 28 April 2023

Vanoggend se @5:55 was een om te onthou. Mense se lewens word positief verander, en God se genade en ingryping kry hulle uit die kloue van die vyand. 'n Groep van ongeveer 40 manne het groot baat gevind by hierdie verhaal van 'n lewe van chaos, en gevolglike herstel.
[ Hier is sy storie... ]

Citi Protection

Vertel jou storie – Citi Protection, Woensdag, 05 April 2023

As jy noord van die berg bly sou jy dalk al Citi Protection se voertuie opgemerk het. Hierdie ouens sorg dat jy veilig in jou omgewing kan woon en patroleer ons strate gereeld. Hulle is sigbaar in "hot spots" – daar waar die skelm ouens jou voorlê.
[ Hier is 'n inwoner se storie... ]

Johan Oberholster

Vertel jou storie – @5:55 – Johan Oberholster, Vrydag, 17 Maart 2023

COVID-19 was vir niemand maklik nie. Sommige mense het egter 'n baie langer pad na genesig gestap. Vir baie was dit traumaties, maar hulle het oorleef. Johan Oberholster se lewe was 'n warboel van emosies terwyl hy probeer sin maak het wat om hom aangaan.
[ Johan vertel meer oor sy storie... ]

Chopper Cop

Vertel jou storie – @5:55 – Chopper Cop, Vrydag, 03 Maart 2023, om 5:55

Om in die polisiediens (SAPS) te wees, is nie altyd maklik nie, maar vra een van die uithouers en aanhouers, en hulle vertel jou hulle sal niks anders wou doen nie. Ons was bevoorreg om AO Johan van Dyk, "Chopper Cop", as gasspreker te hê. Hy deel met ons die allerdaagse probleme in die Mag.
[ Chopper Cop vertel... ]

Erastus Beukes

Vertel jou storie – Oorboord, Sondag, 29 Januarie 2023, om 18:00

Op Sondagaand het ons die geleentheid gehad om te hoor van iemand wie op die oop see van sy seiljag geval het, maar vir wie God sy pad so bestem het dat hy vandag ander kan motiveer. Erastus Beukes moes in diep water, vêr weg van enige land of hulp, veg om te oorleef sodat hy vandag sy storie kan vertel.
[ Erastus vertel jou sy storie... ]

Nasionale Polisiedag 2023

Vertel jou storie – Nasionale Polisiedag, Vrydag, 27 Januarie 2023

Die algemene publiek gee dikwels nie te veel aandag aan die polisie nie. As jy iemand in jou gesin of familie het wie in die Diens is, sal jy weet van swaarkry, personeeltekorte, voertuie deel, lang ure werk, die gevare bloot omdat die persoon 'n uniform dra. Ons gemeenskap ondersteun ons manne en vroue in blou.
[ Kom ons help... ]

Adverteerders en besighede

Adverteer jou besigheid hier en kry blootstelling aan mense in nou omgewing. Voordat jy aangaan, kom ons kry die wettiese goed uitgesorteer:

  • Die plasing kos jou niks nie.
  • Ons versamel nie inliging om gemorspos te stuur nie.
  • Kyk na die huidige inligting en stuur bloot vir ons wat nodig is
  • Webwerf adres
  • Kontak persoon
  • Kontak epos adres
  • Kontaknommer
  • Adres – straatnaam, nommer, en voorstad is voldoende
  • Ons laat jou toe om twee verskillende besighede met dieselfde eposadres te regishr.
  • Stuur vir ons die nodige inligting.
  • Ons behou die reg voor om te besluit of 'n diens wat geadverteer word, aanvaarbaar is of nie.
  • Sodra jy jou inligting gestuur het, plaas ons dit, gewoonlik in minder as twee ure.
  • Jou advertensie is sigbaar vir solank as wat jy wil hê. As jy dit wil verwyder, laat ons weet en ons doen die nodige.
  • Die databasis is soekbaar.

As jy meer wil weet voordat jy jou besigheid lys, stuur gerus epos aan kontak@noordvandieberg.co.za. Dalk ken jy iemand wie jy dink hier sal wil adverteer. Stuur vir hulle 'n skakel per epos.

Huidige Adverteerders

VKD Groep
Flex Electrical
Levante Electrical and Maintenance
MS Auto & Turbo
Penta Motor Group
Red Truck Coffee Roastery
Roux Van Rooyen Accounting
Toerbroers
Valve Audio SA
Vuur en Vlam Spyseniering
We Fix Websites
Boss Brand South Africa
The Boutique Photography Studio
Citi Protection
AOC

Soek jy meer inligting?

As jy meer wil weet oor die Noordvandieberg inisiatief, stuur vir ons epos.

Stuur epos


Kontak ons vandag

As jy meer wil weet oor die Noordvandieberg inisiatief, kontak ons gerus.

Adres

Montanapark

Kontaknommer

084 531-8046