Vertel ons jou storie

As iets in jou omgewing gebeur, laat ons weet. Ons plaas graag insette van mense en besighede wie 'n verskil maak.

@5:55

@5:55 is 'n inisiatief om mans in ons omgewing betrokke te kry en is al omtrent 20 jaar aan die gang. Wat gebeur hier? Elke oggend om vyf voor ses kom 'n paar mans bymekaar, en nie net hier in ons geweste nie. Daar is deesdae meer @5:55 groepe wat die nut hiervan sien, selfs so ver as Oudtshoorn.

@5:55 word nie deur enige denominasie of gemeente bedryf nie. Indeendeel, meeste van die ouens wie ek Vrydagoggende sien, is nie in my gemeente nie. Dalk is baie van hulle nie eers in enige kerkaktiwiteit betrokke nie. Die punt is dat ons uitreik na mans wie vir mekaar omgee. Daar is gereeld geleentheid sprekers. Sommige van hulle kom van buite ons area en word genooi nadat ons gehoor het van hulle betrokkenheid in hulle omgewing. Meeste het 'n storie om te vertel van hoe die Here hulle paaie gelyk gemaak het en hulle uit groot nood gered het. @5:55 se slagspreuk is juis: My storie, Sy glorie.

Hier in ons omgewing kom die ouens Donderdagaande om vyf voor ses bymekaar by Doxa Deo Kameeldrift se kantore, en Vrydagoggende om vyf voor ses by Green Olive Restaurant. Ry ooswaarts in Zambesi, oor die Moloto-kruising, en dan oor nog twee kruisings. Doxa Deo en Olive Tree is op die linkerkant. Ons sien uit daarna om jou by @5:55 te ontvang. Kom soos jy is, kry 'n gratis koffie, en maak jouself tuis. Ons probeer tans om 'n rekord op te bou van sprekers en geleenthede.

Ander stories

Ons vertel nie net @5:55 se stories nie. Kyk gerus hier vir ander gebeure.