Artsy Enterprise

Daar is iets omtrent goeie houtmeubels. Indien jy die regte meubels koop, deur die regte mense vervaardig, gaan dit jou met baie jare oorleef. Kyk maar in museums. Die ouens wie op die stoele by die tafel gesit en eet het, is lankal reeds langbome toe, maar die meubels is nog daar. Ons het talle hout meubelstukke van geel- en swarthout in ons huis, al die pad van Knysna af – 'n eetkamertafel, koffietafels, riempiesbanke en stoele. Met tyd gaan daar merke op wees. Dit is maar gewone "wear and tear" wat die meubels karakter gee. Soms egter wil jy weer die hout sien soos dit oorspronklik was. Die eienaar het lank gesoek na iemand wie hulle geel- en swarthout tafel 'n nuwe baadjie kon gee.

Artsy Enterprise is toe nie eers een kilometer van my huis af nie en ek het dikwels daar verby gery sonder om daar te stop. Ek moes eenvoudig iets doen. Lian en sy span het onmiddelik ingespring, die meubels kom oplaai, en vertrek. Skaars drie dae later was hulle klaar en was die meubels terug. Ek kon nie glo dat die geelhout tafel so goed kon lyk nie! Ons het sommer dadelik nog meubels geidentifiseer en hulle is op dieselfde voertuig na die werkswinkel, insluitend 'n stel staal luidspreker staanders.

Net 'n paar dae later, en die tweede stel meubels is terug. Die ovaal koffietafel met sy geelhout blad lyk ongelooflik. Die werk aan die luidspreker staanders laat die luidsprekers sommer strate beter klink.

Indien jy belangstel, kontak gerus vir Lian Smit op 062 516-5647, of stuur epos aan artsyenterprise@gmail.com. Hierdie ouens gan jou nie teleurstel nie. Dit is wonderlik dat daar in ons omgewing sulke uitstekende diens gelewer word.