@5:55

@5:55 is 'n inisiatief om mans in ons omgewing betrokke te kry. Dit bestaan al omtrent 20 jaar. Op Vrydag, 18 November 2022 was meer as 100 ouens by Green Olive Restaurant bymekaar, soos hulle elke Vrydag doen. Die gasspreker, Ettienne Marais, al die pad van die Kaap af, deel met ons God se strategie vir jou as man, hetsy in jou huwelik, besigheid, by die werk, of waar jy jou ookal op die markplein bevind.

Ettienne Marais @5:55

Dit maak nie saak wat in die verlede met jou gebeur het nie, en of dit jou skuld was of nie, God het altyd 'n uitweg vir jou situasie. Jy moet net vertrou en in pas met Sy tydsberekening wees. Wanneer die eie-ek plek gemaak het vir 'n God-gesentreerde besigheid, kan dinge nie anders nie as om suksesvol te wees. Die aanbieding is opgevolg deur 'n ontbyt en lekker kuier, waar nuwe vriendskappe gesmee is, ander verder opgebou is, en mans leer wat dit is om deel van 'n groep te wees wat werklik vir mekaar omgee.

Ettienne stuur elke dag 'n podcast uit – sy boodskap om jou elke dag te motiveer. Luister gerus hier na sy kort, maar kragtige boodskappe:

Ons sien jou elke Vrydagoggend om 5:55.