@5:55

@5:55 is 'n inisiatief om mans in ons omgewing betrokke te kry. Dit bestaan al omtrent 20 jaar. Op Vrydag, 28 Julie 2023 was so 32 ouens by Green Olive Restaurant se bokamer bymekaar.

@5:55 Jürgen Prinz

Soos die gewoonte is, totdat die somer aanbreek, het ons in Green Olive se bovertrek bymekaar gekom. Die fasiliteerder vir die oggend was Andries. Soos altyd by @5:55, was daar 'n ysbreker, 'n grappie op twee, en 'n kort bespreking. Die vraag was dit: Watter verrassings het jy al in jou lewe ervaar, goed of sleg? Dit het tot 'n paar interessante gesprekke gelei.

@5:55 Jürgen Prinz

Ons gasspreker, Jürgen Prinz, het ons @5:55 byeenkoms vir die eerste keer bygewoon, maar dit gaan nie die laaste keer wees nie. Sy storie begin as een wat net moeilikhed ingehou het, met mediese en geestelike hindernisse. Ten spyte van 'n jong lewe waar hy nie toegelaat was om kerktoe te gaan nie, het hy wel by die Here uitgekom, wie sy lewe totaal verander het. 'n Mediese kondisie en verkeerde operasie prosedures het hom by die dood laat omdraai. Jürgen vertel hoe hy ervaar het hoe hy op die operasietafel uit sy liggaam geneem is, en in die hoek van die vertrek op homself teruggekyk het. 'n Wit lig was by hom, wie nie anders kon wees nie as Jesus Christus, die Lig van die wêreld. Hierdie was sy bekeringsmoment, en die wete dat God ons nooit in die steek laat nie.

Die lewe van die gelowige is egter nie gewaarborg om net positief te wees nie. Ons moet nog steeds in 'n gebroke wêreld ons merk maak, en ons deel doen. As ons egter toelaat dat die Gees van die Here deur ons werk, kan ons die onmoontlike vermag, want met God is alle dinge moontlik.

@5:55 Jürgen Prinz

Jürgen is een van daardie klein groepie mense wie in oorwinning leef, met die wete dat hy nooit alleen is nie. Ons ervaar hoe Jesus in hom is deur die mens wat hy is en die voorbeeld wat hy vir almal rondom hom stel.